Nories Sport
By Noordheuwel glo ons aan die geheelontwikkeling van elke kind; dus gee ons op sportgebied erkenning aan elkeen se uniekheid. Ons wil vir elke leerder soveel moontlik geleentheid bied om sy/haar passie en talente op sportgebied uit te leef. Dus bied ons ʼn verskeidenheid spansportsoorte, sowel as individuele sportsoorte aan waaruit kinders kan kies.
By Noordheuwel is sport soveel meer as bloot net ʼn tydverdryf. Hier is sport ook ʼn emosionele saak wat passie ontlok. Dit is op verskeie terreine vir deelnemers, sowel as vir die ondersteuners, ʼn bron van genot. Hierdie positiewe emosies bevorder wedersydse respek vir mekaar en liefde vir die sport. Hegte vriendskappe word gebou en herinneringe word geskep, waaroor daar jare later nog op reünies gesels word. Dit is hier waar ware Norie-bande gesmee word.
Kriteria vir Sporttoekennings
Nories sportmanne en vroue blink uit op elke gebied en ons glo dat om erkenning te gee aan ons uitblinkers, leerders aanspoor om altyd harder te probeer. Die kriteria waarop sport toekennings gebasseer word, kan hier afgelaai word.
Leerders kan aan die volgende sportsoorte deelneem by Noordheuwel:
Nories se spogsport!
Oor baie jare heen is NOORDHEUWEL se atletiek sy vlagskip waarop die skool se prestasies gebou is. ‘n Goeie atletiekseisoen het ‘n positiewe impak op die skool se wintersportsoorte, aangesien Nories die afgelope paar jaar die wenners van die NWU-prestigereeks was.
Baie jare lank word NORIES onder die Top 10-atletiekskole in Suid Afrika gereken! Nories se toekomsdroom is om die beste atletiekskool aan die Wes-Rand te wees. Binne die volgende paar jaar wil Nories ook onder die TOP 5 in Suid Afrika wees.
Die skool het ook die diens van van die beste afrigters in SA bekom.
In die toekoms kan die opregte atletiekliefhebbers gerus die telbord dophou. Dis ‘n FEES om ‘n NORIE te wees!!
Norie-Netbal bied aan elke netbaldogter die geleentheid om die nodige liggaams- en lewensvaardighede te ontwikkel, sodat sy haar volle potensiaal kan ontwikkel, kan bereik en ook kan benut – tot voordeel van haarself, haar span en haar skool. 13 Spanne neem jaarliks deel aan die PUK-reeks en JOMO-liga.
By Norie-netbal skep ons graag ʼn omgewing waarin elke speelster ʼn liefde vir die spel ontwikkel, gesonde gewoontes aanleer, goeie sportmangees ervaar, asook kompeterend deelneem. Ons bied ook aan dogters puik afrigting en geleenthede. Die sukses wat Hoërskool Noordheuwel se netbalspanne behaal, is grootliks toe te skryf aan hoë vlak van afrigting deur uiters bekwame en gekwalifiseerde afrigters.
Norie-trots – Noordheuwel neem jaarliks aan groot toernooie deel: die Gauteng-kampioenskap en SASN- kampioenskap. Talle dogters word ook jaarliks in provinsiale spanne en SA-oefengroepe opgeneem. Verskeie Norie-spanne het al medaljes by Gauteng- en SASN-kampioenskappe verower. In 2019 word Noordheuwel aangewys as die netbalskool van die jaar in Gauteng-Wes.
Fasiliteite – Die skool het 5 weervaste netbalbane met spreiligte.
Vir baie is hokkie net ‘n sport, maar by Hoërskool Noordheuwel is dit vir ons ‘n passie. Hokkie skep die geleentheid vir spelers om vriende te maak, weg te breek van die normale dinge van die lewe, en vir ander maak dit deure oop vir ‘n beter toekoms.
Noordheuwel Hokkie is gegrond op drie pilare, naamlik Godsdiens, Ontwikkeling en Familie. Dit is juis die laaste pilaar wat uitstaan by Noordheuwel Hokkie. Hoërskool Noordheuwel is ‘n plek waar elke speler hulself kan uitleef met die wete dat die persoon langs hulle soos familie is. Ons poog om ‘n kultuur van omgee, opoffering en deursettingsvermoë te kweek by elke speler. As span is ons nederig in die wen en elke verloor skep ‘n geleentheid om iets te leer.
Elkeen van ons afrigters het ‘n ongelooflike passie vir die sport, die kinders en hul ontwikkeling as spelers en mense. Dit is daarom dat ons ‘n gebalanseerde kind kan oplewer wat eendag die lewe kan aanpak met ywer en visie. Ons droom saam elke speler en probeer die beste moontlike geleenthede te bied om hierdie drome te bewaarheid. Na afloop van hul skoolloopbaan moet hul kan getuig dat hokkie vir hul geleenthede geskep het om te groei as mens en speler, en dit alles te danke is aan God wat vir hulle daardie talente gegee het.
Wat kan ons bied:
Astro hokkieveld | Gras hokkieveld | Gimnasium | 8 dogters spanne | 4 seuns spanne | Provinsiale afrigters by A-spanne | Spesialiteit doelwagter afrigting
Mariana Coetzee – Hooforganiseerder en Dogters Organiseerder
Henco Janse van Rensburg – Seunshokkie Organiseerder
Reinhardt Blokker – Direkteur: Afrigting
Nories se spogsport!
Oor baie jare heen is NOORDHEUWEL se atletiek sy vlagskip waarop die skool se prestasies gebou is. ‘n Goeie atletiekseisoen het ‘n positiewe impak op die skool se wintersportsoorte, aangesien Nories die afgelope paar jaar die wenners van die NWU-prestigereeks was.
Baie jare lank word NORIES onder die Top 10-atletiekskole in Suid Afrika gereken! Nories se toekomsdroom is om die beste atletiekskool aan die Wes-Rand te wees. Binne die volgende paar jaar wil Nories ook onder die TOP 5 in Suid Afrika wees.
Die skool het ook die diens van van die beste afrigters in SA bekom.
In die toekoms kan die opregte atletiekliefhebbers gerus die telbord dophou. Dis ‘n FEES om ‘n NORIE te wees!!
Norie-Netbal bied aan elke netbaldogter die geleentheid om die nodige liggaams- en lewensvaardighede te ontwikkel, sodat sy haar volle potensiaal kan ontwikkel, kan bereik en ook kan benut – tot voordeel van haarself, haar span en haar skool. 13 Spanne neem jaarliks deel aan die PUK-reeks en JOMO-liga.
By Norie-netbal skep ons graag ʼn omgewing waarin elke speelster ʼn liefde vir die spel ontwikkel, gesonde gewoontes aanleer, goeie sportmangees ervaar, asook kompeterend deelneem. Ons bied ook aan dogters puik afrigting en geleenthede. Die sukses wat Hoërskool Noordheuwel se netbalspanne behaal, is grootliks toe te skryf aan hoë vlak van afrigting deur uiters bekwame en gekwalifiseerde afrigters.
Norie-trots – Noordheuwel neem jaarliks aan groot toernooie deel: die Gauteng-kampioenskap en SASN- kampioenskap. Talle dogters word ook jaarliks in provinsiale spanne en SA-oefengroepe opgeneem. Verskeie Norie-spanne het al medaljes by Gauteng- en SASN-kampioenskappe verower. In 2019 word Noordheuwel aangewys as die netbalskool van die jaar in Gauteng-Wes.
Fasiliteite – Die skool het 5 weervaste netbalbane met spreiligte.
Vir baie is hokkie net ‘n sport, maar by Hoërskool Noordheuwel is dit vir ons ‘n passie. Hokkie skep die geleentheid vir spelers om vriende te maak, weg te breek van die normale dinge van die lewe, en vir ander maak dit deure oop vir ‘n beter toekoms. Noordheuwel Hokkie is gegrond op drie pilare, naamlik Godsdiens, Ontwikkeling en Familie. Dit is juis die laaste pilaar wat uitstaan by Noordheuwel Hokkie. Hoërskool Noordheuwel is ‘n plek waar elke speler hulself kan uitleef met die wete dat die persoon langs hulle soos familie is. Ons poog om ‘n kultuur van omgee, opoffering en deursettingsvermoë te kweek by elke speler. As span is ons nederig in die wen en elke verloor skep ‘n geleentheid om iets te leer.
Elkeen van ons afrigters het ‘n ongelooflike passie vir die sport, die kinders en hul ontwikkeling as spelers en mense. Dit is daarom dat ons ‘n gebalanseerde kind kan oplewer wat eendag die lewe kan aanpak met ywer en visie. Ons droom saam elke speler en probeer die beste moontlike geleenthede te bied om hierdie drome te bewaarheid. Na afloop van hul skoolloopbaan moet hul kan getuig dat hokkie vir hul geleenthede geskep het om te groei as mens en speler, en dit alles te danke is aan God wat vir hulle daardie talente gegee het.
Wat kan ons bied:
Astro hokkieveld | Gras hokkieveld | Gimnasium | 8 dogters spanne | 4 seuns spanne | Provinsiale afrigters by A-spanne | Spesialiteit doelwagter afrigting
Mariana Coetzee – Hooforganiseerder en Dogters Organiseerder
Henco Janse van Rensburg – Seunshokkie Organiseerder
Reinhardt Blokker – Direkteur: Afrigting
Rugby by Hoërskool Noordheuwel het die afgelope aantal jare van krag tot krag gegaan, soveel dat ons nou as een van die toonaangewende skole noord van die Vaal gereken word. Noordheuwel neem in die hoogste ligas deel en speel jaarliks in van die gesogste toernooie in die land. Ons kan met trots sê dat ons reeds drie jaar na mekaar rugbywenners in die NWU PUK- prestigereeks is.
Rugby is egter vir Nories meer as net wen en presteer. Ons glo daaraan om vir ons seuns geleenthede te skep en dus speel ons jaarliks in ʼn reeks soos die NWU PUK-prestigereeks waar elkeen van ons spanne gelyke punte ontvang, ongeag of dit die skool se eerstespan of onder 14 B-span is.
Jaarliks lewer Nories provinsiale spelers op in onderskeidelik die o.16 Grant Khomo Leeus- span en o.18 Leeus Cravenweek-spanne. Ook na skool hou die Noriespanne die skool se naam hoog deurdat verskeie seuns in die Varsity Cup o.19 provinsiale en Europese spanne speel.
Nories beskik ook oor verskeie oud-provinsiale spelers wat nou gesoute afrigters is. Verskeie afrigters rig tans by die o.16 Leeus Grant Khomo-spanne en by die o.18 Leeus Cravenweek-spanne af. Alle afrigters beskik ook oor die IRB vlak 2-sertifikaat.
Rugby word met passie by Noordheuwel gespeel en is dus ook ʼn leefwyse.
Noordheuwel is die toonaangewende krieketskool aan die Wesrand en presteer jaarliks baie goed in al die kompetisies waarin daar deelgeneem word. Noordheuwel beskik tans oor twee krieketvelde, 10 buite oefen nette en ‘n binnenshuise krieket fasiliteit waar spelers op ‘n individuele basis gehelp word met die hulp van Pitch Vision en ‘n span baie bekwame en gekwalifiseerde afrigters.
Ons visie is om kwaliteit krieket te speel en onsself te meet aan die top krieketskole in Suid-Afrika. Noordheuwel neem aan die volgende ligas deel:
- Seuns skole (St Stithians, KES, Jeppe, Affies, Pretoria Boys)
- Nasionale KSA T20 – enigste skool aan die Wesrand wat hierin deelneem
- Evergreen en Storm T20 kompetisies
Noordheuwel neem tans aan van die grootste en beste toernooie en toere deel in Suid-Afrika. Toere waarin Noordheuwel deelneem:
- Black Widow Onder 14 Toernooi
- Dukes/Midlands Onder 15 – Maritzburg College
- Kaap Krieket Fees – Paarl Boys toernooi Onder 19
Noordheuwel spog jaarliks met uitsonderlike individuele prestasies. Nie net presteer spelers hulleself in die Gauteng-Wes spanne in nie, maar vele van ons seuns gaan ‘n stap verder en verteenwoordig “Central Gauteng Lions” op Nasionale vlak.
Tennis by Hoërskool Noordheuwel floreer en al ons spelers is altyd gemotiveerd om te speel. Ons gebruik die tennisbane by Noordheuwel-buiteklub vir wedstryde en oefeninge.
Ons tennisspanne neem deel aan die baie kompeterende Gauteng-Noord-tennisliga waar ons teen tennisskole soos Affies, Menlopark en Waterkloof meeding. Ons neem ook deel aan die Super 16-reeks wat jaarliks plaasvind.
Die Noordheuwel-klub vorm ook die oefenbasis vir die Western tennis- distrikspanne. Elke jaar word die top tennisspelers in die omgewing genooi om proewe in hulle onderskeie ouderdomsgroepe te speel. Die beste spelers word geselekteer om die distrik te verteenwoordig teen ander provinsiale en distrikspanne soos Gauteng- Noord, Gaueteng-Oos en Noordwes. Hierdie jaar se proewe sal in Maart gespeel word. Ons leerders neem ook deel en van ons leerders word elke jaar gekies om deel te wees van hierdie spanne.
Ons bied geleentheid vir alle spelers wat belangstel om in te skakel by die skool se tennis.

Cheerleading is een van Hoёrskool Noordheuwel se unieke aanbiedings. Dit is die enigste sport in die skool wat aan seuns en dogters van alle grade die geleentheid bied om saam in een span te kompeteer.
Nories Cheerleaders het reeds 5 Nasionale titels ingepalm en 7 keer tweede plek tydens die jaarlikse SAMCA Nasionale Kampioenskap verower. Ons is die huidige “SAMCA High School Large Co-ed” kampioene.
Talle van ons Cheerleaders is tot provinsiale en Protea-spanne verkies. Cheerleading is ‘n sport vir almal. Geen vorige ervaring word benodig om aan hierdie sport deel te neem nie. Al die vaardighede word deur ons baie bekwame afrigter vir die deelnemers aangeleer. Ons leuse is: “Een span, een familie.”
Fietsry is sonder twyfel een van daardie sportsoorte waarop mense hul harte verloor, sonder dat hulle dit besef. Hierdie voorliefde kom van kleintyd af wanneer jy jou eerste fiets kry en niks anders wil doen as om fiets te trap nie.
By Noordheuwel se fietsryklub is dit nie veel anders nie. Ons is nou net ouer en die speelgoed het duurder geword. Ons deel almal ʼn passie vir die natuur en die buitelug, waarin ons dié sport kan beoefen en terselfdertyd ʼn gesonde leefstyl kan handhaaf. Ons presteer en kompeteer op alle vlakke van fietsry, want soos die afrigter altyd vir die fietsryers sê: “Dit is altyd ʼn wedren!”
Noordheuwel het al vele kampioene opgelewer, met leerders wat tans vir professionele spanne ry en volledig geborg is. By Noordheuwel se fietsryklub is geen roete te klipperig of afstand te ver nie. As dit kan stap of met ʼn voertuig kan ry, kan ons dit trap.
‘n Ideale wintersport as jy nie betrokke is by ander sporte nie. Nories beplan om in die toekoms van landloop ‘n groot sport temaak.
Dit is ‘n ideale geleentheid om jou, vir atletiek voor tebereid in die wintermaande. Nories gaan ook in skakel in Gauteng Noord se skoleliga op Woensdag middae waar lekker baie deelnemers is. Kom maak jouself lekker fiks!!!

Ruitersport is een van ons skool se buitesporte. Oefening vind dus op die ruiter se eie tyd en by selfgekose ruiterskole met afrigters in ons omgewing plaas.
Ruiters neem onder die skool se naam en in die skool se ruiterdrag aan die SANESA kompetisies deel. Daar is jaarliks 4 kwalifiserende rondtes waarvan deelname aan 3 verpligtend is. Hierdie kompetisies vind tussen Februarie en Junie te Maple Ridge in Heuningklip plaas. Ruiters wat vir die Gauteng-Wesspan gekies word neem dan verder deel. Die skool gee erkenning vir prestasies in hierdie unieke sportsoort behaal.
Muurbal is ʼn ongelooflike sport en ons by Hoërskool Noordheuwel is baie trots om te kan sê dat ons leerders ook hier aan blootstelling kan kry. Muurbal brand hope kalorieë, bou spiere en verbeter spier uithouvermoë en word gesien as een van die gesondste sportsoorte ter wêreld.
Muurbal is nie net ʼn lekker sport nie maar ontwikkel die liggaam op verskeie maniere.
Naamlik:
- Ontwikkel hand oog koördinasie
- Verbeter konsentrasie
- Ontwikkel krag en fiksheid
- Ontwikkel ratsheid en soepelheid
- Verbeter kardiovaskulêre gesondheid
- Ontwikkel sosiale vaardighede
- Verbeter selfvertroue
- Verbeter geestelike welstand
- Verminder stres en het hope ander gesondheid voordele
Kom neem deel aan ʼn veelsydige sport op hoë gehalte bane by ʼn top klas skool.
Hoërskool Noordheuwel is nie net die hoogste skool in die land nie maar ons gaan ook tot groot dieptes. Die skool se duikklub, Noo-rays bestaan al 17 jaar en ons kwalifiseer gemiddeld so 5 duikers per jaar. Twee van die leerders wat by Noo-rays begin duik het, is nou al as instrukteurs gekwalifiseer.
Ons het ons eie instrukteur wat baie moeite doen om seker te maak dat elke Noor-ray ʼn veilige duiker is (al moet ons 3 keer Miracle water toe ry). Die jaar word dan afgesluit met ʼn heerlike toer na Sodwana waar ons nou al jare by Adventure Mania duik. Hulle wag elke jaar vir die Noo-rays (soms tot 20 duikers) want ons is berig daarvoor dat ons leerders baie goed gekwalifiseerd is en hulle weet die kinders kom om te duik.
Die toer is ook berig vir sy heerlike braaivleis etes om die kampvuur sowel as heerlike strandkospakkies wat heerlike croissants en Jeffs doughnuts insluit

Nories Gholf:
By Hoërskool Noordheuwel speel ons Gholf om dit te geniet.
Dit skep geleenthede vir seuns en dogters om nuwe plekke te sien en op bane te speel waar hulle nie noodwendig ooit self sou speel nie.
Gholf skep geleentheid om met mekaar te kan kompeteer sowel as die geleenthede om nuwe vriende te maak.
By Noordheuwel probeer ons om die leerders jaarliks op toer te neem om nog top bane plaaslik sowel as Internasionaal te speel.
Skaakmat – Maak die regte skuif!
Twee verstande vasgevang in ʼn die stryd van wie gaan oorwin? Deur jou geheue te toets en probleemoplossingsvermoë toe te pas in ʼn rillende stryd, maak skaak meer as net ʼn sport. Skaak help leerders met kognitiewe ontwikkeling en analiseringsvermoë. Verder dra skaak by tot die verbetering van vaardighede geduld, kritiese ontleding en spanwerk.
By Hoërskool Noordheuwel word skaak aangebied aan enige leerder wat wil deelneem en daar is geen voorvereistes nie! Leerders wat wil leer hoe om te speel is ook welkom! Deur skaak plaas Hoërskool Noordheuwel sy leerders in die optimale posisie om enige teenstander te trotseer.
Hoëprestasiesentrum
As deel van ons filosofie om ons leerders op alle vlakke te ontwikkel, bied ons by Hoërskool Noordheuwel vir ons leerders ʼn gimnasium, waar ʼn sportwetenskaplike werksaam is, om te verseker dat ons sportleerders die korrekte liggaamlike ontwikkeling ondergaan. Sodoende kan hulle gesond en fisies sterk wees om te kan voldoen aan die hoë eise wat sport aan hulle stel.

Noordheuwel hengel
By Hoërskool Noordheuwel bied ons ‘n wye spektrum sportsoorte aan en hengel is een daarvan. Hoërskool Noordheuwel neem jaarliks deel aan die Gauteng en Suid-Gauteng hoërskole hengelliga, waar ons reeds groot sukses behaal het. Twee van ons leerders, Zanté Nel (graad 12) en Juandre van der Heever (graad 9) is reeds verlede jaar uitgenooi om deel te neem aan die SA’s, wat ongelukkig, weens Covid, gekanselleer is. Ons sien uit daarna om hierdie jaar die waters aan te pak en vele visse te vang. Vir meer inligting kontak gerus mnr. Werner Badenhorst (hengelorganiseerder).