Waarom
Nories?

#AkademieOnsPrioriteit
#SportOnsPassie
#KultuurOnsTrots

Ons Skool

‘n Skool waar uitnemendheid sy eie resies hardloop

Boodskap van ons Hoof

Mnr. Dawie Kriel

#AkademieIsOnsPrioriteit #SportOnsPassie #KultuurOnsTrots

Hoërskool Noordheuwel is vanjaar 40 jaar oud! Die skool handaaf ‘n gesonde balans tussens akademie, sport en kultuur. Nories dien die afgelope 40 jaar dié skool die  gemeenskap met trots en daar word jaar na jaar prestasies behaal, ver buite die skool se geografiese grense, bekendheid verleen aan die skool. Die prestasies van leerders op akademiese, kultuur– en sportgebied, sowel as die naskoolse prestasies deur oudleerders, getuig van die uitnemendheid wat kenmerkend is van die skool en van die gehalte werk wat daar gelewer word.Hierdie sukses word toegekryf aan uitstekende spanwerk tussen leerders, personeel asook ondersteunende ouerkorps.

Dié spogskool is ook na die bekendmaking van 2020 se matriekuitslae aangewys as een van die top-tien skole in Gauteng.99% Matrieks behaal vrystelling na tersiêre instellings, 5 leerders met gemiddeld bo 90% en nog 36 met gemiddeld bo 80%.

Een leerder het 10 onderskeidings, een leerder het 9 onderskeidings. Sewe leerders het 8 onderskeidings, ses leerders het 7 onderskeidings, agt leerders het 6 onderskeiding, twaalf leerders het 5 onderskeidings en veertien leerders behaal 4 onderskeidings.
Nories se personeel glo dat akademie die leerders se eerste prioriteit is en daarom word daar hard gewerk en gefokus op doelgerigte onderwys in die klaskamers. Elke leerder is belangrik by Nories en daarom is dit noodsaaklik dat hulle almal hul volle potensiaal sal ontwikkel. Die akademiese erns word beklemtoon deur die “Nories@Work”- fasiliteit waar leerders Maandae tot Donderdae huiswerk, take of opdragte kan doen terwyl hulle wag vir vervoer of sportoefeninge. Daar is internetfasiliteite beskikbaar sowel as ‘n personeellid wat graag help.

Nories-sportmanne en -vroue blink uit op verskeie terreine en die skool gee graag erkenning aan uitblinkers, veral as dit leerders aanspoor om altyd harder te probeer. Nories het die geleentheid om deel te neem aan: rugby, hokkie, atletiek, netbal, rugby, tennis, skubaduik, rasieleiers, ruitersport, gholf, landloop, fietsry, muurbal asook skaak. Die skool spog met moderne fasiliteite soos ʼn gimnasium, astrohokkieveld, tartanatletiekbaan en is bevoorreg om provinsiale- en nasionalepresteerders in hul midde te hê. Nories wen die afgelope paar jaar die PUK-reeks.

Nories bied ook ‘n wye verskeidenheid kultuuraktiwiteite aan, waarin leerders hul kan uitleef en hul talente kan ontwikkel. Die A capella-sanggroep het al met die louere weggestap by die ATKV-streekkompetisie. Verder het die spreekkoor skoonskip gemaak was breëbors met baie toekennings by die NEA Young Performers se prestasie-toekenningsaand. Die skoolkoor neem aktief deel aan feeste en kompetisies en was ook al aangewys as ATKV se nasionale wenners in die gemengde kore-afdeling. Nories het, in samewerking met Aardklop, die Pronk Podium-toneelfees aangebied vir die Top-hoërskole in Gauteng. Debat, redenaars, skryfkompetisies drama- en talentfees is nog aktiwiteite waar leerders hulle self kan uitleef.

Die sosiale kalender by Noordheuwel is stampvol en baie geleenthede word op formele sowel as informele vlak gereël om aan elke Norie se smaak te voldoen. Sosiale ontwikkeling word ook beskou as ‘n baie belangrike komponent van die leerders se ontwikkeling en daarom word verskeie geleenthede en funksies gereël om aan hierdie behoefte by tieners te voldoen. Die Valentynsbal is ʼn hoogtepunt op die kalender en so ook Afrikaans in die Wolke – die grootste musiekfees aan die Wesrand – wat later die jaar sal plaasvind saam met ons 40jarige fees wat Nories gaan vier.

Mnr Dawie Kriel, skoolhoof, glo dat “gesindheid ʼn mens se perspektief bepaal en dat die hoërskooljare belangrike vormingsjare is, waartydens talente en vaardighede ontwikkel en geslyp word. Geestelike en kreatiewe horisonne word hier verbreed, in ‘n poging om gelukkige jongmense tot gelukkige, selfstandige volwassenes te transformeer.”

Nories bied beslis geleenthede vir elkeen van die 2000 leerders in die skool. By die skool respekteer leerders en personeel mekaar. Daar word hard gewerk, uitnemende prestasies word behaal, maar dit is ook hier waar elkeen sy of haar plek vind. Respek, liefde en eensgesindheid is belangrik vir Nories. Dié skool is beslis nie net passievol oor akademie, sport en kultuur nie, maar ook passievol oor die lewe! Nories, die grootste Afrikaanse skool in die wêreld, is trots op elke leerder.

Waarom Nories?

Hoërskool Noordheuwel bied ‘n skool waar uitnemendheid sy eie resies hardloop, daar ‘n passie is om voluit te lewe en waar veilige en gelukkige leerders hulself kan tuismaak.

Ons Skool

Akademie

#AkademieOnsPrioriteit

Sport

#SportIsOnsPassie

Kultuur

#KultuurOnsTrots

Sosiaal

#NoriesIsSosiaal

Akademie

#AkademieOnsPrioriteit

Sport

#SportIsOnsPassie

Kultuur

#KultuurOnsTrots

Sosiaal

#NoriesIsSosiaal

Akademie

#AkademieOnsPrioriteit

Sport

#SportIsOnsPassie

Kultuur

#KultuurOnsTrots

Sosiaal

#NoriesIsSosiaal

Ons Visie

Hoërskool Noordheuwel moet die mees gesogte Christelike Afrikaanse Hoërskool wees wat as skool strewe na uitnemendheid en die uitleef van ons waardes.

Ons Missie

  • Christelike moedertaalonderrig
  • Uitmuntende akademie
  • Lojaliteit, integriteit, dissipline en respek.
  • Uitnemendheid en gebalanseerdheid ten opsigte van sport, kultuur, geestelike en emosionele ontwikkeling.
  • Gelukkige, gemotiveerde en betrokke leerders en ouers.
  • Gehalte onderrig met gemotiveerde, bemagtigde en tevrede kwaliteitpersoneel.

Ons Waardes

  • Christelike Afrikaanse onderrig.
  • Akademie moet uitmuntend wees en voorkeur geniet.
  • Ons glo aan integriteit, deursigtigheid, lojaliteit, dissipline en die respek vir die waardigheid van elke individu.
  • Ons bevorder massadeelname sowel as prestasiedeelname. Ons moet altyd kompeterend wees.
  • Sport, kultuur, geestelike en emosionele ontwikkeling is ewe belangrik.
  • Leerders moet gelukkig asook gemotiveerd wees om hul beste te doen en deel te neem aan alle aktiwiteite.
  • ‘n Gemotiveerde, bemagtigde en tevrede onderwyserkorps is die sleutel tot sukses.
  • Ons doen alles uitstekend en van’n hoë gehalte.